My opinie ten opsigte van swak joernalistiek in Suid-Afrika

Ek het die artikel, https://www.facebook.com/groups/ateisafrikaans/170938899760175/?comment_id=170939006426831&offset=0&total_comments=2 , gelees. Eerstens, is die artikel in swak akademies Afrikaans geskryf en tweedens is die gedagtes wat sy opper is nie behoorlik geformuleer nie en derdens ook nie in en met konteks verduidelik nie.

 

As semi-akademikus is dit my ondervinding dat daar ‘n vervlakking in Suid-Afrikaanse akademiese standaarde is. UNISA dosente was op ‘n stadium die beste voorbeeld van sulke swak akademies werk. Die UNISA department van politieke filosofie het in 1983 ‘n boek gepubliseer wat so vol foute was dat ons as tweede jaar studente geweier het om die boek te gebruik. Verder in 2008, het ‘n sekere UNISA dosent nie eers besef dat mensehandel in die wêreld die nuwe “slawerny” is nie. Bronne soos die VN en ander instellings kon haar nie oortuig nie dat mensehandel plaasvind. (CNN het ‘n program wat die afgelope 5 of 6 jaar die fenomeen ondersoek en daaroor rapporteer.)

 

Ek stem nie met Louise Mabille se politieke denke saam nie. Sy poog om haar standpunte rondom uitgediende politieke konsepte te konstrueer. Die konsepte “links” en “regs” was nog nooit politieke wetenskaplike terme nie. Dit is joernalistieke emosionele taalgebruik. Dit is die taalgebruik wat Max du Preez ook gemaklik oor die politiek te berig, sonder dat die terme politieke wetenskaplike betekenis het. Die terme is eerder daarop gemik om jou politieke opponent te verkleineer by gebrek aan ‘n wel deurdagte argument. Reaksionêr en radikaal is beter omskrywings.

 

As ‘n politieke wetenskaplike artikel van akademiese belang, want Louise Mabille skryf hier eerder ‘n politieke filosofiese artikel as suiwer filosofiese artikel, is die artikel net nog ‘n klomp bollie geskryf deur iemand met ‘n akademiese agtergrond.

 

Haar artikel weerspieël net haar swak akademiese standaarde nie, maar die lae vlak van eerstens akademiese standaarde in Suid-Afrika in die algemeen, tweedens die modderpoel waarin sosiale diskoers in Suid-Afrika verval het, en derdens die ongelooflike lae valk van aanvaarding van “mense-wat-anders” is in Suid-Afrika.

 

Suid-Afrika het min akademici wat op wêreld standaard publiseer en gesaghebbend kan gesels en skryf. Min of geen Suid-Afrikaanse joernaliste wat die standaarde handhaaf van ‘n Fareed Zakaria en instellings soos Al Jazeera nie. Kyk gerus Deutche Welle se aktuele programme en vergelyk die standaard van die medewerkers op die programme met wat in Suid-Afrika gepubliseer word. Nie eers Max du Preez funksioneer op ‘n vlak in hierdie uitgelese groep genoem te word nie.

 

As voorbeeld van die lae standaarde in die joernalistiek net die volgende voorbeeld. ‘n Sekere linkse en sogenaamde gerespekteerde Suid-Afrikaanse koerant gebruik ‘n joernalis wat as student rond geloop het en vertel het dat hy/sy vir NI as studente spioen werk – ‘n valse stelling – asook plagiaat gepleeg het. Vandag word hy as ‘n gerekende joernalis beskou, en eien hy hom die reg toe om alles wat tradisioneel Afrikaans is in elke artikel wat hy skryf te kritiseer en verkleineer. Hy is net so vol foute as diegene wat hy probeer verkleineer en diskrediteer. (Omdat ek Max genoem het in die skrywe, dit is nie hy nie! Die persoon werk tans voltyds by ‘n koerant-groep.) In ‘n ander land sou die agtergrond van die joernalis – waarvan almal bewus is – hom of haar gediskwalifiseer om as joernalis te werk.

 

Suid-Afrikaanse skrywers het ook so swak geword dat ek baie min Suid-Afrikaanse boeke koop om te lees, want dieselfde vervlakking het ook daar plaasgevind. Die enigste uitsondering waaraan ek tans kan dink is P G du Plessis. Die res skryf volgens ‘n uitgediende formule en hier dink ek aan groot bekende en bekroonde name.

 

Louise Mabille en die meeste Suid-Afrikaanse denkers, akademici, joernaliste, en skrywers probeer om perdedrolle toe te draai in “tjoklits”. ‘n Perdedrol toegedraai in “tjoklits” bly ‘n perdedrol.

 

Die slotsom is dat Suid-Afrikaanse akademici, skrywers en joernaliste is kaal in hulle vermoë om ‘n gesofistikeerde diskoers te kan voer. Image

Advertisements

About pieterhcreyneke

aktivis
This entry was posted in Opinie and tagged , , . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s